Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Klein Plengoffer" deur BREYTEN BREYTENBACH
"Klein Plengoffer" deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #22316] Di, 06 April 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
KLEIN PLENGOFFER
Breyten Breytenbach

'n klein bietjie kitaargefluit
'n olyf of twee
'n vingervol brood
koel etruskiese bloed van die druif
en pyn is nie in my nie
pyn ril vanself
en wanhoop is nie in my nie
wanhoop kla op sy eie
en honger is nie in my maag
honger gier in sy eie buik
dood teel nie in die holtes van my lyf nie
en dood sal sonder my leef
Vorige onderwerp: "Oordag" deur T.T. CLOETE
Volgende onderwerp: "Plaasensemble" deur GEORGE WEIDEMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 04:43:50 MGT 2024